Let op die volgende:
Wiskunde is 'n voorvereiste vir die neem van Fisiese Wetenskappe en Siviele Tegnologie. Dit beteken indien u kind Wiskunde na Wiskundige Geletterdheid verander, sal hulle noodgedwonge hierdie vakke ook moet staak.
Toelating tot 'n vak is onderhewig aan die praktiese uitvoerbaarheid daarvan, bv. rooster en getalle in die vak, asook prestasie daarin aan die einde van graad 9.