HOKKIE

2018

HOKKIE 2018-09-18T11:37:04+00:00

Ons het tans 5 spanne wat aan die NWU-Superreeks en die D6-hokkieliga deelneem:  0/14A, 0/15A, 0/16A, 2de span en 1e span.  Ons 1e span was ligawenners in 2017, terwyl die 0/16A span 2e in hul liga geeindig het, en die 0/15A-span was 3de in hul liga.

4 spanne het deurgedring na die Ekurhuleni-uitspeelwedstryde :  hulle was die 0/14, 0/15, 0/16 en 1e span.  Al 4 hierdie spanne het ook aan die Noordvaal-uitspeelwedstryde deelgeneem, waar die 0/15A span net voor die kwartfinale uitgeval het.

Ons skool beskik oor 3 hokkievelde en uiters bekwame afrigters.  Me L Coston het dan ook haar Vlak II afrigtingskursus suksesvol voltooi.

Ons het verlede jaar met ‘n binneshuise-hokkietoernooi begin en hoop om vanjaar daarin liga te speel.