ATLETIEK EN LANDLOOP

2018

ATLETIEK EN LANDLOOP 2018-09-18T11:37:21+00:00

ATLETIEK

Dit het vanjaar besonder goed gegaan met ons atletiek.  Ons het die jaarlikse Prestige Atletiekbyeenkoms teen Oosterlig, Dinamika en Alberton High gewen.    Xander du Toit was aangewys as die beste Jr Veldatleet (seuns), Cloe Geyer:  beste Jr Veldatleet (dogters), Riani v d Hoven :  Beste Senior Baan en Veldatleet.

Daar was heelwat puik prestasies gelewer deur die atlete wat beteken het dat ons 49 atlete gehad het wat aan die Distrikskampioenskappe deelgeneem het. Hier het 20 atlete gekwalifiseer om aan die Gautengse Atletiekkampioenskappe deel te neem.

LANDLOOP:

Ons neem jaarliks deel aan ‘n Groter Albertonse Landloopreeks waar ons dan 5 of 6 ligabyeenkomste hou.  Vandaar word ‘n Groter Albertonse Landloopkampioenskappe gehou waar atlete kwalifiseer om deur ted ring na die Distriks-landloopkampioenskappe.  Hier word atlete gekies om dan aan die Gautengse Landloopkampioenskappe deel te neem.

Danika Lemmer het in 2017 deurgedring na die Gautengse Landloopkampioenskappe.

  • Twee ten volle gekwalifiseerde en gemotiveerde afrigters met Gauteng Provinsiale landloop kleure
  • Atlete wat skool, Ehurhuleni Suid/Oos Distrik en Gauteng jaarliks verteenwoordig
  • Individuele afrigtings programme en aandag verseker elke atleet tot sy/haar volle potensiaal ontwikkel
  • Sosiale groep dinamika bou en hou atlete deurlopend gemotiveerd